So skink vir jou 'n koppie koffie, en kom rus in die ruimte tussen koffie... en genade.
Tussen Koffie en Genade is ‘n hartlike en eerlike program vir vroue – ‘n ruimte waar jy kan asemhaal, lag, huil en groei.
Elke week neem Lizel van Zyl luisteraars op ‘n reis van ontdekking en genesing – met temas wat die liggaam, siel en gees aanraak. Van selfbeeld en emosionele genesing tot geloofsgroei, verhoudings en die alledaagse vreugdes en uitdagings van vrouwees – hierdie program bied hoop, insig en bemoediging.
So skink vir jou ‘n koppie koffie, en kom rus in die ruimte tussen koffie… en genade.