Begin jou dag met Wynand en Janine tydens Goeie Nuus Tyd (GNT) op Radiokansel en Radiokansel Hartklank.
Die program bied alles wat jy nodig het om jou dag met Goeie Nuus te begin!
Goeie Nuus Tyd Radiokansel
GNT bied luisteraars twee ure van nuus, musiek en inspirasie vir die dag wat voorlĂȘ. So vier ons ook as Bruid van Christus saam die Here. Die program het ten doel om luisteraars oor die alledaagse lewe, in ooreenstemming met God se hart, te betrek. Jy kan gebruik maak van verskeie kommunikasiekanale om jou sienings en ervarings te deel.
Op Goeie Nuus Tyd leef ons Sy Woord, het Sy liggaam lief en volg ons Christus passievol.
Interaksie met Goeie Nuus Tyd luisteraars op Radiokansel is ân hoogtepunt van die program. Dit sluit in besprekingspunte, gebedsversoeke, temas, en tipiese scenarioâs in die lewe van Suid-Afrikaners en ons hoor en deel ook getuienisse.
Daar is elke dag iets spesiaals om na uit te sien op GNT.
Een van die hoogtepunte van Goeie Nuus Tyd is ons onderhoude met ân wye verskeidenheid mense uit verskillende agtergronde. Die keuse van onderwerpe wissel van apologieĂ« tot daaglikse inspirerende boodskappe. Ons kry ook gereeld kundiges om te deel oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe wat ekonomiese sake, die Christen in die moderne era, ouerskap, die huwelik en lewensvaardighede insluit.
Goeie Nuus Tyd is ook Jou Daaglikse Reisgenoot van verkeer- en weerverslae tot plaaslike en internasionale nuusgebeure. Ons deel ook sporthoogtepunte en goeie musiek, maar die belangrikste deel is natuurlik die inspirasie uit God se Woord.
As jy ân program gemis het kan jy dit vind by Goeie Nuus Tyd se potgooi afdeling.