Current track

Title

Artist

Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky

Geskeduleer op

Die plek om vrae te vra

'n Program wat daarop gemik is om moeilike vrae te beantwoord.

Wil jy graag die program borg? Kontak asseblief gospel@radiokansel.co.za.

Skriftuurlik is ‘n Bybelgefundeerde vra-en-antwoord-program op Radiokansel en die Afrikaanse aanlynkanaal Hartklank, waar luisteraars se geloofsvrae in die lig van die Skrif beantwoord word. Die program bied ‘n ruimte vir eerlike en insiggewende gesprekke oor die Bybel, geloofslewe en leerstellings – alles met die doel om Bybelse waarheid op ‘n toeganklike manier aan te bied.

Met kundige Bybelonderrigters aan die woord, word vrae rondom teksgedeeltes, leerstellings en die toepassing van Skrif in die daaglikse lewe beantwoord – altyd met respek vir die Woord en ‘n hartsbegeerte om mense nader aan God se waarheid te bring.

Skriftuurlik is die ideale program vir elkeen wat graag die Bybel dieper wil verstaan – en wat glo dat antwoorde begin waar die Skrif praat, aangebied deur Wynand Rossouw en Rocky Stevenson.

Indien jy ‘n episode gemis het, besoek gerus die potgooi kanaal.


Lees meer

Current track

Title

Artist