Current track

Title

Artist

Perspektief

Geskeduleer op

Woensdag 11:00 12:00
Vrydag 11:00 12:00
Saterdag 20:00 21:00

'n nadenkende blik op die nuus en sake van die dag

Luister na oop, eerlike en insiggewende gesprekke wat jou help om met begrip en geloof deur ons land se kompleksiteite te navigeer.

Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel en Hartklank, aangebied deur Jannie Pelser.

Weet jy wat gebeur in die wêreld rondom jou? Wat maak opskrifte en wat is die belangrikste onderwerpe? Hierdie program sal jou help om nie net ingelig te bly nie, maar ook om ‘n Bybelse mening oor hierdie kwessies te hê.

Perspektief fokus op huidige sake en aktualiteit in Suid-Afrika en regoor die wêreld. Dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif. Jannie pas sy kennis van die Woord en ervaring in die bediening toe om luisteraars met perspektief te voorsien.

Die doel is om Christene aan te moedig om nie net ‘n sterk mening oor die gebeure in hulle wêreld te hê nie, maar ook dapper genoeg te wees om hulle opinies uit te spreek. Die gaste is kundiges met ‘n rykdom van ervaring en kundigheid in verskeie velde. Hulle deel hul sienings en ontleding van byvoorbeeld politieke en maatskaplike kwessies. Deur oop, analitiese en insiggewende gesprekke word luisteraars toegerus om hul eie ingeligte besluite te neem.

Soos met alle ander programme, sluit Perspektief ‘n sterk fondament van die Woord van God in en deel Jannie Bybelse waarhede met luisteraars.

Indien jy ‘n episode gemis het, besoek gerus die potgooi kanaal.


Lees meer

Current track

Title

Artist