Elevated is 'n energieke en opbouende program op Radiokansel en die Afrikaanse aanlynkanaal Hartklank, aangebied deur Jenna-Leigh Bilong.
Elevated is ‘n energieke en opbouende program op Radiokansel en die Afrikaanse aanlynkanaal Hartklank, aangebied deur Jenna-Leigh Bilong. Die program bied ‘n vars klankbaan van geselskap, insig, geloof en inspirerende onderhoude wat luisteraars aanmoedig om opnuut te leef met perspektief en passie.
Met haar entoesiastiese teenwoordigheid en natuurlike vermoë om mense gemaklik te laat gesels, skep Jenna-Leigh ‘n ruimte waar stories gedeel word, perspektiewe verskuif en geloof versterk word.
Elevated bied inhoud wat lig bring, hoop aanwakker en geloofslewe verdiep – alles met ‘n styl wat jonk van gees, relevant en eg is. Elevated is vir elke luisteraar wat wil groei, in gees en in verhouding met God.
Indien jy ‘n episode gemis het, besoek gerus die potgooi kanaal.