Die Bybel vir Vandag bring daagliks lewe uit die Woord, vir die lewe van vandag.
Die Bybel vir Vandag is ‘n inset op Radiokansel en die Afrikaanse aanlynkanaal Hartklank wat luisteraars herinner aan die tydlose waarde van God se Woord. Hierdie kort, kragtige insetsel bring elke dag ‘n teksvers of gedeelte uit die Bybel wat aanmoedig, lei en hoop gee – juis vir die dag waarin jy jou bevind.
Met die fokus op toepassing en geloof, dien Die Bybel vir Vandag as ‘n geestelike rigtingwyser – ‘n waarheid om aan vas te hou, ‘n belofte om op te bou, of ‘n uitnodiging tot stilword en oordenking. Dis eenvoudig, relevant en deurdrenk van die Gees.
Die Bybel vir Vandag bring daagliks lewe uit die Woord, vir die lewe van vandag.