Current track

Title

Artist

Rudie van Heerden

Rudie van Heerden begin sy loopbaan in die Uitsaaiwese in 1979 by die SAUK se Afrikaanse Diens. Oor ‘n tydperk van bykans 16 jaar was hy ook nou betrokke by die ontwikkeling en aanvangsjare van Bop TV asook M-Net. Hy sluit sy loopbaan in die korporatiewe media wêreld af as bestuurder van die SAUK se Televisie Opleiding Departement.

Na die voltooing van sy Teologiese studies en Sending opleiding, betree hy die voltydse bediening as media sendeling in 1995. Gedurende die aanvangsjare van sy bediening is hy betrokke by die ontwikkeling van verskeie Christen Gemeenskap radiostasies, tree op as Uitvoerende Regisseur vir Radiokansel se TV Kansel uitsaaidiens, dien op die Bestuursrade van FEBA Radio Suid-Afrika, asook die Association of Christian Media (ACM), werk as media sendeling in Eswatini (destyds Swaziland) saam met Swaziland Conference of Churches se Christian Media Centre, dien as Stasiebestuurder van Wesrand Stereo 90.7FM, en word ook mede-stigter van die Tower of Life Skuiling vir Haweloses aan die Wesrand.

Tans fokus hy uitsluitlik op die ontwikkeling en vervaardiging van Christelike media inhoud vir Gemeenskap radiostasies, terwyl hy ook deeltyds betrokke is by prediking, pastorale versorging en die musiekbediening in hul tuis-gemeente, Krugersdorp-Oos Gemeente (NG).



Current track

Title

Artist