Ronéll van Rooyen
Ronéll van Rooyen shows
Ronéll van Rooyen se passie was al van sy kan onthou, om die evangelie te verkondig met al haar talente. Haar talente en passies is alles soos ‘n kaleideskoop van kleur ineen geweef in die kunste van TV, Radio, Joernalistiek, Spreker, Skilderkuns, Geleenthede reël en Fotografie.
Sy het ‘n Graad in Kommunikasie deur RAU verwerf. Tydens haar Lugmagjare as joernalis, fotograaf by die tydskrif en later skakelbeampte, is sy en Pierre getroud. Ronéll het op die basis en per epos, ‘n geestelike nuusbrief en koffiekroeg gehad en by kerke en damesgeleenthede die Woord bedien en gesing. Haar eerste CD was in 2001 vrygestel.
Mamma-wees jare het die Here haar gebruik om Anke en Sioné te tuisskool, fotografie professioneel te doen en kursusse aan te bied, asook seminare as spreker en expos vir tuisskolers. Dit was juis in hierdie seisoen, wat Sonskynwoud vir kleuters gebore was in 2013 uit die pen en kitaar van Ronéll. Haar 2 pragtige dogters was 8jr en 10jr en hul het die 9 episodes saam met Danny Antil van Brettian (platemaatskappy) Productions voltooi. Dit was op Kyknet en Kruiskyk uitgesaai en is nog beskikbaar op DVDs en Youtube.
Sy was ook produksie sekretaresse vir Liezel Krause Wiid se program IN PAS op kyknet. Ronéll was ook die gasspreker op verskeie radiostasies sowel as Kruiskyk en aanlyn TV Patmos