Current track

Title

Artist

Retief Burger


Retief Burger shows

Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Sy musiek vind aanklank by ’n wye verskeidenheid mense omdat dit opreg en modern is.  Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader.

Retief het ook ‘n passie vir die kerk en is nog altyd diep geanker in ‘n plaaslike gemeente waar hy lei, dissipels maak en die Woord bedien. Hy is voltyds leraar by Every Nation Tshwane waar hy vir sewe jaar die Lynnwood gemeente gelei en toe oorgegee het om ‘n nuwe gemeente in Elarduspark te plant. Hier fokus hy daarop om ‘n nuwe generasie kerkplanters en dissipelmakers op te rig.

Sy passie vir die kerk, prediking en sy land bly die hartklop van sy bediening.



Current track

Title

Artist