Current track

Title

Artist

Helmi White

Helmi White is tans ‘n onderwyser met ‘n passie vir jongmense. Sy het ook ‘n liefde vir radio en doen reeds ‘n dekade lank radio-werk vir onder andere Radio Laeveld en Radio Ritme, asook weeklikse insetsels vir Radiokansel. Helmi het ook in verskeie radioteater-produksies opgetree vir RSG.

Verder is Helmi aktief betrokke haar huidige skool waar sy verskeie buitemuurse aktiwiteite behartig, soos die sêrgroep, debat, Bybelkennisvasvrae en die weeklikse Christelike byeenkoms om net ‘n paar te noem.

Haar hart vir mense is die fondament vir alles wat sy aanpak en sy streef om Christus in alles te verheerlik. Haar voortdurende soeke om Christus dieper en meer intiem te leer ken is een van haar grootste doelwitte en sy hoop dat haar insette by Radiokansel Hartklank ander sal inspireer om dieselfde te doen.



Current track

Title

Artist