Team Members
Erin Patience is 'n lewendige Christus-volgeling, bekend vir haar spraaksame en charismatiese aard.
Helmi White is tans ‘n onderwyser met ‘n passie vir jongmense. Sy het ook ‘n liefde vir radio en doen reeds ‘n dekade lank radio-werk.
Ronéll van Rooyen se talente en passies is alles soos 'n kaleideskoop ineen geweef in die kunste van TV, Radio, Joernalistiek, Spreker en Skilderkuns.
Rudie van Heerden begin sy loopbaan in die Uitsaaiwese in 1979 by die SAUK se Afrikaanse Diens. Oor ‘n tydperk van bykans 16 jaar was hy ook nou betrokke by die ontwikkeling en aanvangsjare van Bop TV asook M-Net. Hy sluit sy loopbaan in die korporatiewe media wêreld af as bestuurder van die SAUK se Televisie Opleiding Departement.
Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Sy musiek vind aanklank by ’n wye verskeidenheid mense omdat dit opreg en modern is.
Jannes Erasmus is ’n vryskutskrywer, fotograaf en boekbemarker met ’n diep liefde vir stories, mense en die menswees self.
Righardt is aktief betrokke by Eve Ministry (wat al 15 jaar hardloop) en het baie mense gehelp op die reis om hulself te ontdek.
Pastore Fanie en Marina Myburgh is toegewyde pastore en motiveringsprekers wat met 'n breë gehoor toespreek met hul YouTube-kanaal.
Nina Grundlingh is 'n passievolle kommunikeerder, aanbieder en gelowige vrou met 'n diep liefde vir mense en hul stories.
'n Geliefde stem op Radiokansel.
Rocky Stevenson beskryf homself as ‘n geredde sondaar (sedert Desember 2001). Hy is sedert November 2010 getroud met Maxine, en het twee kinders Levi (5) en Simeon (3). Rocky is leraar by Benoni Bible Church en voormalige leraar van Middelburg Baptist Church waar sy pastorale bediening begin het. Vir vier jaar het Rocky sy kweekskoolopleiding […]
Pieter se ervaring in die uitsaaiwese dek twee dekades.